CALITZDORP NUUS - 'n 17-jarige seun is dood en nog 'n persoon is ernstig beseer na 'n ongeluk met 'n munisipale bakkie vanoggend in Calitzdorp.
Volgens kaptein Ian Meyer, stasiebevelvoerder van die Calitzdorp-polisiestasie, het die ongeluk ongeveer 03:45 vanoggend gebeur.
"Die bestuurder van die bakkie het glo vanoggend in Voortrekkerweg gery en beheer verloor en in die kliniek se muur vasgery. Die seun het uit die bakkie geval en is op die toneel dood verklaar. Die ander persoon is per ambulans na die hospitaal vervoer. 'n Klag van diefstal word ondersoek na die munisipale voertuig as gesteel aangemeld is."
Die polisie is steeds besig met die ondersoek.
Nooddienste op die toneel.
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'