Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - 'n Man, wat vermoedelik die bestuurder van 'n Opel Corsa bakkie was, is vanoggend net na 06:00 met 'n hoofbesering hospitaal toe geneem na 'n botsing.
Die bakkie was in die rigting van die grotte onderweg toe dit in Schoemanspoort die pad verlaat het en 'n wal getref het. Twee mans wat op die botsing afgekom het, het die beseerde persoon in die voertuig aangetref.
Die beseerde het aan hulle gesê hy was 'n passasier en die bestuurder het glo gestap om hulp te gaan soek.
Kyk 'n video hieronder:
Die bakkie was in die rigting van die grotte onderweg.
Meer inligting volg soos dit beskikbaar is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'