OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die bestuurder en vyf insittendes van 'n VW Jetta is ongedeërd nadat hulle om ongeveer 15:15 vanmiddag in 'n botsing betrokke was.
Die bestuurder het sowat 12 km buite Oudtshoorn op die Georgepad beheer oor die motor verloor aan die onderste deel van Perdeskoendraai.
Die motor het deur 'n veiligheidsreling gebars en etlike meter teen 'n wal af gerol.
Van die insittendes het ligte skrapies opgedoen. Die motor was vanaf Oudtshoorn na George onderweg.
Kyk 'n video hieronder.
Die motor het deur 'n veiligheidsreling gebars en etlike meter teen 'n wal af gerol.
'Ons bring jou die nuutste George, Tuinroete nuus'