Breaking News Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - Die pad tussen Oudtshoorn en De Rust is tans gesluit na 'n ongeluk in die middel van een van die stop/ry punte.
'n Bakkie met ongeveer 12 mense het die pad verlaat en omgeslaan.
Nooddienste is besig om beseerdes te behandel en na die hospitaal af te voer.
Volgens inligting op die toneel was die bakkie vanaf Oudtshoorn na Dysselsdorp onderweg.
Die botsing het sowat 7 km voor Dysselsdorp plaasgevind.
Dit blyk dat 'n agterband gebars het.
Daar is nie ernstige beserings nie. Meeste beseerdes het sny- en skaafwonde.
Meer inligting volg soos dit beskikbaar word.
Kyk 'n video hieronder:
Van die twaalf mense word nege per ambulans hospitaal toe geneem.
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'