Video
OUDTSHOORN NUUS - Die bestuurder van 'n Opel Corsa-bakkie kon sonder 'n skrapie uit die wrak klim nadat die bakkie op die Mosselbaaipad gerol het.
Volgens 'n ooggetuie wat ook in die rigting van Mosselbaai onderweg was, het die Opel bakkie vinnig van agter nadergekom, maar toe om een of ander rede op die gruis beland en deur 'n grensdraad gery en gerol.
Daar was 'n vrieskas agter op die bakkie met gevriesde vis en kouevleis wat in die veld beland het.
Die bestuurder het mediese hulp van die hand gewys en wou ook nie instem dat 'n insleepdiens gekontak word nie.
Hy het gesê hy sal self 'n voertuig reël om die bakkie uit die veld te sleep.
Die ongeluk het tussen die Safari-volstruisplaas en die brug oor die Olifantsrivier gebeur.
Kyk 'n video hieronder:
Die bestuurder het mediese hulp van die hand gewys en wou ook nie instem dat 'n insleepdiens gekontak word nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'