LADISMITH NUUS - Onderwysers en staatsdiensamptenare by skole in Kannaland was Maandag 28 en Dinsdag 29 Junie gretig om die Johnson & Johnson-inenting te ontvang.
Die Wes-Kaapse inentingsveldtog van onderwysers en amptenare het hierdie week in Kannaland onder die wakende oog van verteenwoordigers van die Eden en Sentraal-Karoo-distrikskantoor van Riversdal by Hoërskool Ladismith plaasgevind.
Volgens Leaticia Pietersen-Pienaar, leerderondersteuningsdienste-adviseur, van Kring 1 is die WKOD se oogmerk om skoolpersoneel in die Wes-Kaap binne 30 dae in te ent.
Twee van die amptenare, Vera Taute en Zaandria Moses, het Maandag gesê dat die inenting vir hulle tot 'n groot mate gemoedsrus gebring het en hulle raai al hulle kollegas aan om die inenting te ontvang. Hulle het mense ook teen fopnuus gewaarsku.
Stanley Weitz, 'n onderwyser by Laerskool Towerkop het gesê hy neem die inenting nie net om homself te beskerm nie, maar ook as 'n verantwoordelikheid teenoor sy leerders.
Dawnique Baron (links) en Leaticia Pietersen-Pienaar van die Eden- en Sentrale-Karoo distrikskantoor.
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'