OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn Vaardigheidskool spog met twee onderwysers wat uitstekend gevaar het in die jaarlikse Wes-Kaapse departement van onderwys se Provinsiale Vaardighede-kompetisie wat die afgelope maand plaasgevind het.
Johan Scheepers het eerste plek behaal en 'n goue medalje ontvang in die kategorie: siviele tegnologie, houtwerk en Elrico Andrews 'n tweede plek en silwermedalje in die kategorie: siviele tegnologie, konstruksie. Beide het nou deurgedring na die nasionale vaardigheidskompetisie wat van 26 tot 28 September in Johannesburg plaasvind.
Volgens skoolhoof, Gavin Block, is hulle ongelooflik trots op die twee onderwysers se prestasie en sien uit na die nasionale kompetisie.
Die kompetisie het ten doel om geskoolde ambagte te bevorder, asook om verskeie loopbaanopsies in hierdie gebiede ten toon te stel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’