Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Onderwyser wat na sy skool in Dysselsdorp onderweg was, was vanoggend in 'n botsing buite Oudtshoorn betrokke.
Volgens hom het hy 'n vragmotor wat stadig gery het verbygesteek, maar toe hy langs die vragmotor was het dit na regs gedraai by 'n grondpaadjie wat na Rose Valley gaan.
Die onderwyser het uitgeswaai en die motor het deur 'n sloot geploeg en teen kragpaal tot stilstand gekom.
Hy is nie beseer nie en dit blyk dat die vragmotor aanhou ry het na die botsing.
Kyk 'n video hieronder:
Die onderwyser is nie in die ongleuk beseer nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'