OUDTSHOORN NUUS - Sowat 70 gaste het verlede week die Oudtshoorn-sakekamer se maandelikse netwerkaand by Dryland Event Management se nuwe perseel in Cowleylaan 6 bygewoon.
Tydens die aand is vyf nuwe lede by die sakekamer ingehuldig.
Die besighede het Klein Karoo Toyota, Amanda Orffer Oudioloog, Cartridge Depo, Mediclinic Klein Karoo en GC Konstruksie ingesluit.
Dryland se logistieke en operasionele direkteur, Bernard le Roux, het voor die aand se sprekers aan die woord gekom het die gehoor na hul asems laat snak met sy digitale voorlegging van wat Dryland alles vir avontuurlustiges bied.
Volgende aan die woord was TFSA se Charl Smal wat dié vliegtuigskool se planne bekendgemaak het om in die toekoms 'n lugverkeerskool te bou wat buitelandse vliegstudente sal oplei. Die voorsitter van die ATKV, Maritha Deenik het die aand afgesluit met haar omgeebeertjie-projek wat sy bekendgestel het.
Volgens Deenik vervaardig die gemeenskap dié beertjies wat dit dan aan die ATKV skenk wat dit op hul beurt na persone en kinders wat in trauma is, versprei.
"Hierdie beertjie gaan aan enigeen wat liefde nodig het, 'n traumatiese ervaring beleef het of in 'n ongeluk betrokke was. As jy voel jy het 'n beertjie nodig om net vas te hou, is jy welkom om een te kry.
"Ons het ook die bekende skrywer Tania Smit genader wat 'n pragtige gedig vir ons boekmerk geskryf het wat vas kom aan die beertjie, waarop alle noodnommers ook verskyn.
"Dié beertjies sal volgens Deenik gratis by traumasentrums, hospitale en polisiestasies beskikbaar is. Joernaliste kwalifiseer ook om 'n beertjie te bekom omdat hulle dikwels die eerste persoon op grusame tonele is," het Deenik gesê.
Media 24 het ook, volgens Deenik, hierdie idee gevolg en hul weergawe, die frontline teddies gedoop. Deenik het 'n beroep op die sakegemeenskap gedoen vir borge om materiaal te bekom sodat die projek volgehou kan word.
Deenik kan by 079 490 5412 gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'