Video
OUDTSHOORN NUUS & VIDEO - Inwoners van Oudtshoorn word uitgenooi om deel te neem aan die Jerusalema-uitdaging op 26 September om 14:00 op die grasperk langs die CP Nel-Museum in Baron van Reedestraat.
Diegene wat geen idee het waar om te begin oefen nie, kan by danslesse, wat spesiaal deur instrukteurs van Pro Academy aangebied gaan word, aansluit.
Die instrukeurs gaan die volgende paar weke inspring en op verskeie plekke oefensessies aanbied.
Die oefensessies vind Donderdag 9 September vanaf 12:00 tot 13:00 by Jemimas Restaurant in Baron van Reedestraat plaas. Daar is ook Vrydag 11 September en Dinsdag 15 September vanaf 16:00 tot 17:00 en weer Saterdag 19 September van 14:00 tot 15:00 op die grasperk langs die C.P. Nel-museum lesse.
Hulle het ook ‘n video beskikbaar gestel sodat Oudtshoorniete ook by hul eie huis kan begin oefen:
Ingrid Noble, ‘n Oudtshoorniet wat die geleentheid help reël, het gesê die munisipaliteit het reeds ingestem om die gedeelte van Baron van Reedestraat tussen Voortrekkerweg en St Johnstraat op 26 September vir die middag te sluit.
Noble sê al die instansies waarmee sy gesels het is baie opgewonde.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'