OUDTSHOORN NUUS - Vyf plaaslike sokkerspelers van Dream FC - sokkerklub, Cleo Andries, Bjom Kammies, Brenvan Kamfer, Ethan Koema en Donray Rondganger het onlangs deel uitgemaak van die Internasionale Italië sokkerproewe wat in Kaapstad plaasgevind het.
Volgens hul afrigter, Brendan Kamfer, sal die spelers in September die finale proewe bywoon.
Kamfer sê die proewe is 'n gulde geleentheid vir jong sokkerspelers om deur Italië se topklubs opgeraap te word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo'