Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Vier personeellede van die Oudtshoorn Courant het Vrydagaand toekennings vir hulle prestasies die afgelope jaar ontvang.
Group Editors se toppresteerders van die jaar is Vrydagaand by die Wildernis hotel aangewys.
Die maatskappy besit die Oudtshoorn Courant, George Herald, Mossel Bay Advertiser, Knysna Plett Herald, Graaff Reinet Advertiser, Suid-Kaap Forum en Mossel Bay Home Ads.
In die afdeling vir bemarkers het Letitia de Lange en Brende Brits stof in die oë van die ander koerante geskop toe die Oudtshoorn Courant aangewys is as die koerant met die groep se beste groei en Letitia is aangewys as die groep se bemarker van die jaar.
Wyndham Ewerts, joernalis van die Oudtshoorn Courant was die naaswenner in die kategorie van sportskrywer van die jaar.
Die redakteur van die Oudtshoorn Courant, Hannes Visser, is aangewys as rubriekskrywer van die jaar.
Lees 'n verwante artikel: Belly laughs and shining stars
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'