OUDTSHOORN NUUS - Die eerste oudisies vir die Oudtshoorn Christelike Jeug Forum (OCJF) se 2018 Gospel talentkompetisie is Sondag in die Pinkster Protestante Kerk (PPK) op De Rust gehou met twee soliste en twee kore wat tot die volgende rondte deurgedring het.
Marily Visagie en Shelbedine Burgess en die twee kore, die Titus-familiekoor en die De Rust PPK Lofprysinggroep was die aand se wenners.
Volgens Phillip Seroux, projekbestuurder van die OCJF was die eerste oudisies goed deur die gemeenskap van De Rust ondersteun.
Die tweede ronde oudisies vind Sondagmiddag, 13 Mei om 18:00 in die Dysselsdorp-gemeenskapsaal plaas. Toegang is R10 per persoon.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'