OUDTSHOORN NUUS - Roodewal UCC Primêr in Schoemanshoek het 2024 verwelkom met nuwe uniforms, wat volgens die skoolhoof simbolies is van 'n nuwe begin en goeie toekoms vir die skool.
"Ons wil net groot dinge vir die skool hê en nuut begin," het die skoolhoof, Charmaine Links, gesê met Oudtshoorn Courant se besoek op Maandag 23 Januarie.
Links vertel dat die skool by winkels navraag gedoen het oor klere wat by die skool se kleure, blou en wit, sal pas om 'n goedkoper alternatief vir ouers te bied wanneer dit by uniforms kom.
Abriano Adams (links) en Jowa-Dean Goliaths spog met hul skool se nuwe uniforms.
Die skool het tans 114 leerlinge en bedien omliggende plaasgemeenskappe. "Ons wou graag 'n uniform bymekaarsit wat bekostigbaar is vir die ouers," het sy gesê.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’