Gallery Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Oudtshoorn se toerismesektor is in die wolke oor die nuutste toevoeging tot die toerismebedryf, veral na toerisme steeds swaarkry weens die Covid-19-pandemie.
Nova Hot Air Balloon Safaris het Maandag hul eerste lugballonvlug in Oudtshoorn gehad.
Dit is die eerste keer in jare dat 'n lugballon oor Oudtshoorn sweef en, volgens Mario Febbraio, direkteur van die lugballon-maatskappy, is Oudtshoorn weens die dorp se Karoo-prag, ideale weersomstandighede en ander, reeds goed gevestigde toerismegeleenthede, ideaal vir lugballonne.
Fotogallery: Lugballon in Oudtshoorn
Kyk 'n video hieronder:
Oudtshoorn is ideaal vir lugballonne.
•Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'