OUDTSHOORN SPORTNUUS - Die Wesbank-tennisklub het tydens sy algemene jaarvergadering 'n nuwe bestuur vir 2022/23 verkies. Louis Uys is die nuwe voorsitter en Louis Pienaar die nuwe ondervoorsitter.
Hulle neem oor by John Marais en Ernst Kok wat hulle nie weer beskikbaar gestel het nie.
Die res van die bestuur is Theunis Kruger (tesourier), Danie Steyl (sekretaris), Dirk Potgieter, Hanlé Kok, Pieter van der Walt, Kobus Diepraam en JK Koch.
Goeie nuus vir klublede is dat die jaar- en speelfooie nie verhoog is nie. Die uittredende voorsitter, John Marais, sê in sy jaarverslag dat die klub ten spyte van die Covid-19-pandemie 'n goeie jaar agter die rug het.
Die klub is egter steeds op die uitkyk vir donateurs om te help met die opgradering van die klub se bane wat tans nie in 'n goeie toestand is nie en gevolglik daartoe lei dat toernooie nie hier aangebied kan word nie.
Voornemende donateurs en persone wat by die klub wil aansluit kan die Uys by 082 835 8555 of Steyl by 078469 3727 skakel.
Besoekers is ook welkom om van die klub se bane gebruik te maak teen R30 per speler per dag.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'