OUDTSHOORN NUUS - Bemarking en mense is in haar bloed.
So sê Letitia de Lange wat pas as bemarker by die Oudtshoorn Courant aangestel is.
Letitia is reeds sewe jaar in Oudtshoorn en 'n bekende gesig by sakeondernemings en organisasies.
Voordat sy na Oudtshoorn verhuis het, was sy in Pretoria in die korporatiewe sektor.
Sy is baie nou betrokke by gemeenskapswerk en is tans die voorsitter van die liefdadigheidsorganisasie, Caring Angels.
Alhoewel die koerantbedryf vir haar 'n nuwe terrein is, is sy opgewonde oor die uitdaging.
Die pos as bemarker het vakant geraak toe Isabella Schentler aan die begin van Februarie na Malmesbury verhuis het.
Kontak Letitia by 044 272 8918 of per e-pos by letitia@groupeditors.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'