OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Courant is besig om verdere inligting te bekom oor 'n ongeluk sowat 5km buite Oudtshoorn op die De Rust-pad.
Volgens 'n plasing op die groep van die Wes-Kaapse provinsiale verkeersafdeling is drie mense dood toe die BMW X5 vroeër vandag die pad verlaat het en gerol het.
Dit blyk dat die oorledenes plaaslike mense was en die motor is 'n Oudtshoorn voertuig.
Die polisie het nog nie amptelik reageer op boodskappe nie, maar volgens boodskappe van medelye op sosiale media was die drie oorledenes:
• Jonathan Abrahams (Tupac)
• Ernest Oktober
• Zachery Maksella
Voorlopige inligting dui daarop dat nog twee persone in die ongeluk betrokke was, en in die hospitaal is. Die inligting is nog nie deur die polisie bevestig nie.
Foto: Wyndham Ewerts
Foto: Wyndham Ewerts
Jonathan Abrahams (Tupac)
Ernest Oktober
Zachery Maksella
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'