OUDTSHOORN NUUS - 'n Ongeluk tussen 'n Kasper-weermag- voertuig en 'n Checkers Sixty60-motorfiets-drywer, het verlede Woensdagoggend omstreeks 11:00 op die kruising van Baron van Reede- en Van der Baron van Reede plaasgevind.
Quewan Human, voldoeningsbeampte van die Checkers Sixty60-motorfietsdrywers, vertel dat die drywer steeds in George-hospitaal is en aansterk na die insident.
Die familie van die drywer het intussen aan Oudtshoorn Courant bevestig dat hy 'n operasie ondergaan het weens inwendige beserings wat hy opgedoen het. Die drywer sal volgens die familie ook 'n tweede operasie ondergaan.
Hy is tans in 'n mediese geïnduseerde koma en haal op sy eie asem. Sy toestand is kritiek, maar stabiel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’