OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn-besigheidskamer se netwerkaand het 30 Maart by Thorny Creek Brewery and The Red Bus Cafe plaasgevind.
Volgens Abri Ferreira, voorsitter van Oudtshoorn-besigheidskamer, het hierdie netwerkaand baie besoekers gelok.
Die borg vir die aand, Die Hoorn, het ook van die geleentheid gebruik gemaak om die nuwe eienaars bekend te stel en die opening van hulle nuwe perseel te vier.
Chris Macpherson, burgemeester van Oudtshoorn en Walter Hendriks, munisipale bestuurder van Oudtshoorn-munisipaliteit het ook die aand bygewoon.
Nuwe Lede:
- Active Fire Appliances (Pty) Ltd
- RealNet Eiendomme
- Die Hoorn
- JVK Prokureurs
- 1 Nine 5 Properties
- Eden Karoo Akademiese-leersentrum
- Jakhals Events (Pty) Ltd
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’