KAROO NUUS - ‘n Unieke Valentynskonsert word op Saterdag 12 Februarie op die granaatplaas Celebratio aangebied.
Suid-Afrika se eie Neil Diamond, Johan Liebenberg, al dié superster se grootste treffers gaan sing, insluited “Sweet Caroline”, “Desiree”, “Kentucky Woman” en “Play Me”.
Die produksie, getiteld Diamond for Valentine’s, is spesiaal saamgestel deur Liebenberg, wat al bekendheid verwerf het vir sy Neil Diamond-vertolkings. Hy bring sy orkes saam en dit beloof om ‘n heerlike kuieraand onder die sterre van die Klein-Karoo te wees. Kaartjies kos R200 en is beskikbaar by www.celebratio. co.za of by Postnet in die Queen’s Mall. Kos- en wynstalletjies is beskikbaar.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'