OUDTSHOORN NUUS - Die Polisiehoogte-sopkombuis en nasorgsentrum het voorverlede Sondag Vadersdag gevier met 'n ete vir pa's van kinders van die sentrum en senior burgers van die omgewing.
Pastoor Leon Moos, hoofspreker, het in sy toespraak gesê dat indien vaders nie die rol binne die raamwerk van hul familie en die breë gemeenskap verstaan nie, dan is mishandeling en minagting van hul rol onvermydelik.
Millicent Biljohn, huidige Mev. SA semi-finalis, het die rolmodelpa beskryf as iemand wat sy wysheid met sy kinders deel met die hoop dat dit deur die wêreld versprei, en iemand wat die anker is waarop sy kinders kan staatmaak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'