OUDTSHOORN NUUS - Die Polisiehoogte-nasorgsentrum het Nasionale Vrouedag verlede week met 'n dag van speletjies en 'n heerlike ete vir senior burgers van die omgewing gevier.
Volgens Phillip Seroux, wat die nasorgsentrum en sopkombuis saam met sy vrou Susana bedryf, is die dag in samewerking met Famsa Karoo aangebied en het die senior burgers dit terdeë geniet.
Daar was verskeie bord-speletjies terwyl die senior burgers hulle ook gate uit geniet het met domino's en selfs potspel vir die wat daarvoor kans gesien het.
Franzu Badenhorst van Famsa Karoo het 'n praatjie oor geweld gelewer en gesê dat Suid-Afrika al vir dekades vasgevang is in geweld, met geweld teen weerlose vroue en kinders wat hoogty vier.
Hy het die bejaardes aangemoedig om nie stil te bly wanneer hulle bewus is van enige gesinsgeweld nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'