Die sentrum, met 321 leerders van die vier plaaslike skole, 'n hoof, ses toesighouers, 'n hoofkok, hulpkok en ‘n skoonmaker, help leerders om hul toekomsdrome te bewaarheid.
Tydens die algemene Jaarvergadering het leerders die ouers en bestuur vermaak met drama, sang en ook kunswerke uitgestal wat hulle self maak. Volgens die hoof van die sentrum, Johanna Smith het die sentrum aansienlik gegroei sedert hul stigting in 2005. "Verskillende programme soos musiek, naaldwerk, kuns, geestelike danse, rekenaarklasse en die maak van juwele en leerartikels word aangebied om die leerders se kreatiewe kant na vore te bring en hulle nuwe vaardighede aan te leer. Die tuiswerk wat die leerders by hul verskillende skole kry word daagliks onder die toesig en hulp van die toesighouers gedoen. Met die verskeidenheid musiek instrumente soos klavier, elektriese klavier, sleutelbord, kitare, tromme en nog baie meer wil ons graag die leerders bewus maak van die waarde van klassieke en tradisionele musiek aangesien dit moontlik die rigting kan wees waarin van die leerders eendag wil studeer.
"Met die nuwe bussie wat ons as skenking van die Nasionale Lotery ontvang het, kan ons die leerders daagliks op punte naby hul wonings op en aflaai. Dit gee ons gemoeds-rus oor hulle veiligheid."
.jpg)
Leerders wys van die geestelike dans items wat hulle by die sentrum leer.