OUDTSHOORN NUUS - Vreugdevure het Saterdagaand tot laat in Polisiehoogte op Oudtshoorn gebrand na die amptelike opening van ‘n sopkombuis en nasorgsentrum wat ‘n inwoner van die buurt saam met sy gesin, rolspelers soos Famsa Karoo, en borge op hul erf opgerig het.
“Dis ‘n droom wat waar geword het,” sê Phillip Seroux wat saam met sy vrou, Susanna, die sopkombuis en sentrum bestuur.
Die SABC was ook by die geleentheid en 'n gedeelte van die verrigtinge is op die aand se televisienuus uitgesaai.
Die sentrum is van Maandag tot Vrydag vanaf 10:00 oop en Seroux kan vir enige skenkings geskakel word by 079 987 9486.
Tydens die amptelike opening van die sentrum Saterdag is, van links: Johnny Baartman van die Oudtshoorn Christelike Jeugforum, Franzu Badenhorst (Famsa Karoo), Phillip Seroux, sy seun, Angelo, Susanna Seroux, pastoor Gillian Carolus en Richard en Jennetta Seroux. Foto's: Garnett Wicomb
Gaste tydens die opening van die sopkombuis en nasorgsentrum.
'n Dansgroep vermaak gaste tydens die opening.
Die gebou wat met die hulp van borge op die Serouxs se erf opgerig is.
•Lees meer in Oudtshoorn Courant en aanlyn
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'