Nooddienste en verkeersbeamptes is ontbied nadat die buitengewone lang vragmotor in Vredestraat beland het en met die draaislag in Parkweg die voorkant van 'n geparkeerde motor beskadig het.
Volgens een van die beamptes wat op die toneel was het die bestuurder gesê dat hy met die N2 onderweg was na Kaapstad, maar verdwaal het en in Oudtshoorn beland het.
Hy het toe glo besluit om die R62 Kaap toe te volg, maar is deur verkeersbeamptes meegedeel dat die lang vragmotor nie die skerp draaie in die Huisrivierpas tussen Calitzdorp en Ladismith sal kan navigeer nie. Die bestuurder is 'n boete opgelê omdat hy met 'n abnormale vrag van sy voorgeskrewe roete afgewyk het.
Sover vasgestel kan word is hy terug na die N2 vergesel vanwaar hy weer sy rit kon voortsit.

Die bestuurder van die motor het besoek by 'n huis afgelê toe haar motor deur die vragmotor getref is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'