OUDTSHOORN NUUS - Verskeie mylpale is tydens verlede Saterdag se 219de Oudtshoorn-parkrun by die Surval-olyflandgoed behaal.
Die 83-jarige Daniël Moelich het sy 150ste parkrun voltooi, terwyl Ria van Niekerk haar 50ste agter die rug het. Newald Groenewald spog na Saterdag met 216 parkruns agter sy naam.
Yaron Venter en Bianca van der Westhuizen was Saterdag weer die voorste mans- en vrouehardlopers. Thys Jamneck was die tweede man met die veteraan Patrick Peters in wat in die derde plek klaargemaak het.
Hildegard Geldenhuys was die tweede vrou met Sarah Viljoen derde. Die 9-jarige JJ Geldenhuys was die eerste junior oor die wenstreep en het algeheel sewende geëindig.
Saterdag se voorste hardlopers met hul tye is:
- Yaron Venter (19:56)
- Thys Jamneck (20:38)
- Patrick Peters (21:00)
- Bianca van der Westhuizen (23:44)
- Newald Groenewald (23:45)
- JJ Groenewald (24:15)
- Jaco Geldenhuys (24:16)
- Hildegarde Geldenhuys (24:17)
- Michael Foster (24:48)
- Hans Lareman (25:02)
- Jacques Jacobs (25:17)
- Sarah Viljoen (27:10).
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'