OUDTSHOORN NUUS - As voorsorgmaatreël teen die Covid-19 pandemie is die CP Nel-museum sowel as Oudtshoorn se biblioteke gesluit.
Die museumbestuurder, Moses Mthethwa het verlede week 'n kennisgewing uitgestuur dat die museum, soos ander museums in die provinsie tydelik vir die publiek gesluit is.
Die munisipale woordvoerder, Ntobeko Mangqwngqwe het vanoggend bevestig dat die biblioteke ook as voorsorgmaatreël gesluit word.
Dit volg op 'n kennisgewing van die provinsiale departement van kultuur en sport aan alle munisipaliteite dat biblioteke tot verdere kennisgewing gesluit sal word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'