OUDTSHOORN NUUS - Die omgewingsdepartement van die Groter Oudtshoorn, in vennootskap met die munisipale parke en ontspanningsdepartement, departement bosbou, visserye en die omgewing het vandag 17 Julie 'n Mandeladag-projek in Rosevalley van stapel gestuur.
Volgens Aurelia Mle, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit, vorm hierdie projek deel van die munisipale skoonmaak- en vergroeningsveldtog. Hulle doel is om die projek volhoubaar te maak deur gemeenskapsbetrokkenheid aan te moedig en opvoeding oor die volgende vier weke.
"Die doelwitte van die Mandeladag-projek is om die netheid van die area te verbeter, die omgewingsgehalte van die gemeenskap te verbeter en volhoubare voedselbronne vir die gemeenskap te verseker."
Die projek skop met die skoonmaakaksie in Rosevalley af om einde ten laaste die gemeenskap te kan help om 'n gemeenskapsvoedseltuin te stig. Woensdag is spesifiek gefokus op die verwydering van plantegroei om die terrein skoon te maak.
Lees meer in die week se Oudtshoorn Courant.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’