Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Munisipale werkers het ’n rukkie gelede buitebande voor die munisipale depot in Dassieweg aan die brand gesteek as deel van ’n protesaksie.
Volgens een van die werkers, wat verkies om anoniem te bly, hou die redes vir die protesaksie verband met Covid-19-regulasies.
"Op die oomblik is ons erg bekommerd omdat geen aangepaste Covid-19-regulasies in ons werkplek is nie. Voertuie, trokke en bussies word eenvoudig nie gesaniteer nie en daar is ook geen sosiale afstand wat gevolg word nie. Ons eis dat ons in skofte ingedeel word sodat daar minder voete op ’n slag by die werk is. Die feit dat ons bo-op mekaar sit in munisipale voertuie is ook onaanvaarbaar."
’n Navraag is aan die Oudtshoorn-munisipaliteit gestuur.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'