Video
OUDTSHOORN NUUS - 'n Munisipale vragmotor het vanoggend omstreeks 10:15 deur 'n muur by Laerskool Van Rheede gery. Niemand is beseer nie.
Volgens die bestuurder het hy die vragmotor in die pad tot stilstand gebring om vinnig by die aangrensende winkel iets te koop. Hy sê dat sy noodligte aangeskakel was en dat sy handrem ook opgetrek was.
Jaques Terblanche, werknemer by Klein Karoo Toyota, het aan die Oudtshoorn Courant vertel dat hy gesien het hoe die vragmotor sonder 'n bestuurder die pad afloop.
Volgens hom het 'n vroulike insittende uitgespring waarna die vragmotor dwarsdeur 'n muur by Laerskool Van Rheede geploeg het.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'