OUDTSHOORN NUUS - Hoewel die opkoms nie so groot is soos hulle gehoop het nie, is dit 'n goeie begin.
Dit is die mening van Emile Cupido, een van Oudtshoorn se Move One Million-lede tydens Saterdag se nasionale bewusmakingsveldtog.
Die bewusmakingsveldtog is die afgelope naweek landwyd gehou deur lede van die Move One Million-groep om aandag te vestig op onder meer bedrog en korrupsie in die land, moorde, geslagsgebasseerde geweld en direkte verkiesings.
Marlene Walters, ook een van Oudtshoorn se lede, sê sy hoop dat meer mense by hulle sal aansluit sodat hulle 'n verskil kan maak.
Volgens Walters is die organisasies nie polities nie en kan enigiemand van enige ras of geloof aansluit.
"Vir my is die direct elections die belangrikste. Ek glo mense moet 'n persoon stem en nie 'n party nie. Ons is dalk nie vandag baie mense nie, maar ek dink ons het mense bewus gemaak oor die feit dat ons hier is en ons wil opstaan vir wat reg is. Ons werk op 'n 20 maande plan en daar gaan defnitief meer gereeld sulke bewusmakingsaksies wees. Hopelik is daar meer deelnemers aan die volgende een."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'