OUDTSHOORN NUUS - Nico van der Ross, een van Oudtshoorn se amptelike motorwagte, is aangewys as die motorwag van die maand. Hy doen diens in die parkeerterrein by Edgars en Wimpy.
Die motorwagstelsel is 'n projek om te verseker dat motorwagte wat in die middedorp diens doen opgelei en verantwoordelik is vir spesifieke parkeerareas.
Hulle word uitgeken aan glimbaadjies met nommers en die woorde Amptelike Motorwag.
Hulle dienste word maandeliks beoordeel en die persoon wat as die maand se motorwag aangewys word, ontvang ‘n geskenkpak met kruideniersware.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'