OUDTSHOORN NUUS - 'n Motorfietsryer van Oudtshoorn is vanmiddag omstreeks 12:30 in 'n botsing op die George-pad dood.
Wikus le Roux (in sy laat veertigs) was vanaf Oudtshoorn in die rigting van George onderweg toe 'n Mahindra-bakkie hom reg van voor getref het.
Volgens inligting op die toneel het die bakkie in die draai aan die bopunt van Perdeskoendraai links van die pad afgery en op die gruis beland. Die bakkie het daarna weer tot op die teeroppervlak gekom, maar oor die pad gery en die aankomende motorfiets reg van voor getref.
Die bestuurder van die bakkie het n armbesering opgedoen.
Die merke op die pad waar die bakkie die motorfiets getref het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'