KANNALAND – 'n Motorfietsryer, Nolan Piedt (22), het verlede Sondag met sy lewe geboet nadat hy in 'n noodlottige ongeluk met 'n Toyota Quantum-bussie op die Kruisrivierpad net buite Calitzdorp betrokke was.
Volgens sers. Chris Spies, polisiewoord-voerder in die Suid-Kaap, was albei voertuie op die Kruisrivierpad toe dit gebots het.
Piedt het veelvuldige beserings opgedoen en is deur paramedici op die toneel dood verklaar.
'n Saak van strafbare manslag is geopen en die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.
Die wrak van die motorfiets. Nolan Piedt (22) het in die ongeluk omgekom.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Klein Karoo nuus'