Update
OUDTSHOORN NUUS - Jarrod de Jongh (19) wat Saterdagaand met sy motorfiets in 'n botsing betrokke was het Sondag operasies van meer as sewe uur ondergaan.
Sy ma het vandag gesê dat hy frakture aan albei bene sowel as albei arms opgedoen het. Hy het ook skedelbreuk, n gebreekte kakebeen en gesigswonde opgedoen.
Sy sê daar kon nog nie bevestig word of haar seun breinbeserings opgedoen het nie.
Jarrod is aanvanklik in die Oudtshoorn-hospitaal opgeneem en volgens sy ma was hulle diens en mediese sorg uitstekend.
Hy is na die Mediclinic George oorgeplaas vir breinskanderings en is tans in n mediese koma.
Die botsing het Saterdagaand in Langenhovenweg plaasgevind toe Jarrod se motorfiets 'n bakkie getref het wat vermoedelik voor hom ingedraai het. Volgens sy ma was hy na werk op pad huis toe toe die botsing plaasgevind het.
Vorige artikel: Motorfietsryer ernstig beseer
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'