OUDTSHOORN NUUS - Ons het pas inligting van 'n lid van 'n motorfietsklub in Kimberley ontvang oor die toestand van die motorfietsryer wat Donderdag in Meiringspoort beseer is.
Die beseerde is pastoor Adriaan Graaff van Kimberley.
Volgens die inligting het hy verskeie ribbes gebreek, sy lewer is beseer en sy neus is gebreek. Hy is 56 jaar oud. Sy vrou het reeds uit Kimberley in Mosselbaai aangekom.
Hy is Donderdag in Oudtshoorn opgeneem, maar is later na die Life Bayview hospitaal in Mosselbaai oorgeplaas.
Dit blyk dat hy die voorste ryer van 'n groep van ongeveer agt motorfietse was toe hy by Wadrif van die pad af gery het en tussen rotse in die rivierloop beland het.
Volgens die bron het die pastoor gereeld saam met die motorfietsklub lang ritte onderneem.
Dit blyk dat hy die voorste ryer van 'n groep van ongeveer agt motorfietse was.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'