Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Motorfietsryer is beseer tydens 'n botsing met 'n Mercedes by die kruising van Baron van Reede- en Van der Rietstraat vanoggend.
Die motorfiets was met Baron van Reedestraat onderweg toe die Mercedes uit Van der Rietstraat voor hom in gery het.
Die eienaar van die Mercedes het op die toneel gesê iemand anders het sy motor bestuur.
Die ander persoon is aanvanklik in 'n polisievoertuig gelaai, maar later weer laat gaan.
Die persoon was by vorige voorvalle waaroor die Oudtshoorn Courant in die verlede berig het, betrokke.
Die aard van die motorfietsryer se beserings is nog nie bekend nie.
Kyk 'n video hieronder.
Die beseerde motorfietsryer word op die toneel behandel.
Die motorfiets met die Mercedes wat getref is in die agtergrond.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'