OUDTSHOORN NUUS - Die motorfietsryer wat Saterdagaand in 'n botsing betrokke was, is volgens die polisie na 'n hospitaal in George oorgeplaas.
Volgens sers. Gretchen Michaels, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het die botsing Saterdagaand omstreeks 19:40 plaasgevind.
Volgens haar was 'n Toyota-bakkie en die motorfiets in teenoorgestelde rigtings met Langenhovenweg onderweg. Die bakkie het regs gedraai en is aan die passasierskant deur die motorfiets getref.
Volgens omstanders op die toneel was die motorfiets glo 'n 850cc BMW en skaars herkenbaar. Die bakkie is ook ernstig beskadig.
Volgens Michaels word 'n klag van roekelose en nalatige bestuur ondersoek.
Die motorfiets is skaars herkenbaar.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'