OUDTSHOORN NUUS - ’n Motorfietsryer met ’n afleweringsmotorfiets is vanmiddag omstreeks 12:40 in ’n botsing voor die hospitaal beseer.
Die motorfietsryer was met Parkweg onderweg om aflewerings te doen toe ’n Daewoo by die hospitaal uitgekom en voor hom ingery het.
Dit blyk dat die motor aanvanklik links in Parkweg ingedraai het en toe moontlik ’n U-draai wou maak. Die bestuurder het skynbaar nie die aankomende motorfiets gesien nie.
’n Ambulans, wat op pad was hospitaal toe, het by die toneel gestop en paramedici het die beseerde motorfietsryer behandel en hospitaal toe geneem.
Sy werkgewer was ook op die toneel en het met hom gepraat voordat hy in die ambulans gelaai. Dit is nog nie bekend of hy ernstig beseer is nie.
Die insittendes van die motor is nie beseer nie.
Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'