OUDTSHOORN NUUS - 'n Motorfietsryer in sy 20's het Donderdagmiddag 'n fraktuur aan sy bobeen opgedoen toe hy deur 'n motor getref is.
Hy was met Dassieweg in die rigting van die dorp onderweg toe 'n Toyota Tazz uit 'n systraat die motorfiets getref het.
Volgens 'n familielid wat op die toneel was, nadat hy van die botsing verwittig is, was die motorfietsryer na sy etensuur op pad terug werk toe.
Die botsing het oorkant die volstruis-slagpale plaasgevind en 'n gedeelte van die pad was vir 'n kort rukkie ontoeganklik vir deurverkeer terwyl paramedici die beseerde man behandel het. Hy het erge pyn verduur en is per ambulans hospitaal toe geneem.
Die insittendes van die Toyota is nie beseer nie.
Die beskadigde motorfiets is deur die familielid van die motorfietsryer en helpers op 'n bakkie gelaai en weggeneem.
Die botsingstoneel kort na die voorval. Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'