OUDTSHOORN NUUS - 'n Werknemer van Debonairs Pizza was kort gelede met sy afleweringsmotorfiets in 'n botsing met 'n wit bakkie op die hoeke van Voortrekkerweg en Adderleystraat betrokke.
Die werknemer is deur paremedici na die hospitaal geneem. Die aard van sy beserings is nie bekend nie.
Die bestuurder van die bakkie het volgens omstanders van die toneel af weggejaag.
Dit is in hierdie stadium nie duidelik in watter rigting die twee voertuie onderweg was nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'