OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Motorfietsryer is per ambulans hospitaal toe geneem nadat hy 'n bakkie getref het.
Die botsing het omstreeks 08:10 by die kruising van Voortrekkerweg en Jacobsonstraat gebeur.
Die afleweringsmotorfiets was met Vootrekkerweg op pad dorp toe toe die bakkie uit Jacobsonstraat gekom het. Volgens die bestuurder van die bakkie het hy gedink die motorfiets gaan in Jacobsonstraat afdraai en hy het toe weggetrek.
Die erns van die motorfietsryers se beserings is nie bekend nie, maar dit blyk dat hy 'n kopbesering asook 'n besering aan sy regterbeen opgedoen het.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'