OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Vrou en haar dogter is gelukkig om ernstige beserings vry te spring toe hulle Nissan van agter deur 'n gepantserde geldwa getref is.
Die Nissan was skynbaar besig om regs na 'n vulstasie in te draai toe die gepantserde voertuig die Nissan van agter getref het en deur 'n houtheining gestamp het.
Die botsing het op die George-pad net na die treinbrug naby Rainbow Motors gebeur.
Die gepantserde voertuig was na George onderweg.
Kyk 'n video hieronder.
Die agterkant van die Nissan war dit getref is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'