Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die bestuurder van ’n Toyota-voertuig wat vanoggend omgeslaan het, is lig beseer.
Die ongeluk het omstreeks 07:30 tussen Oudtshoorn en Dysselsdorp plaasgevind.
Die bestuurder wou nie kommentaar lewer nie. Dit is nie bekend of hy alleen in die motor was nie.
Volgens remmerke het hy op ’n draai beheer verloor en aan die regterkant van die pad beland waar die motor omgeslaan het.
Die bestuurder van ’n aankomende motor het haar nek beseer toe sy hard moes rem om die Toyota wat voor haar beland het, te vermy. Sy is vir waarneming hospitaal toe geneem.
Video: Motor slaan om
Dit is nie bekend of die bestuurder alleen in die motor was nie.
Volgens remmerke het hy op ’n draai beheer verloor en aan die regterkant van die pad beland waar die motor omgeslaan het.
Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'