Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Vier volwassenes en 'n kind het 'n noue ontkoming gehad toe die Volkswagen Jetta waarin hulle gery het aan die brand geslaan het.
Die voorval het vanaand ongeveer 18:45 in Parkweg plaasgevind.
Volgens die bestuurder, Jason Julies, was hulle op pad hospitaal toe om iemand te besoek. Sowat 100m van die hospitaal af het rook by die motor se paneelbord uitgekom.
Hy het stilgehou en dadelik die battery ontkoppel en probeer om die brand in die paneelbord met sy hemp te smoor.
Die brand het egter na die binnekant van die motor versprei en binne oomblikke was die motor in vlamme gehul.
Niemand is beseer nie.
Die brandweer het die brand geblus maar die binnekant van die motor was reeds heeltemal uitgebrand.
Kyk 'n video hieronder.
Die wrak van die Jetta sowat n halfuur nadat dit aan die brand geslaan het. Foto's: K Storm
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'