OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die Oudtshoorn nooddienste is vanoggend net voor 06:00 in kennis gestel van 'n motor wat sowat 5km buite die dorp op die Calitzdorppad gerol het.
Dit is onduidelik hoe laat die voorval gebeur het aangesien daar geen insittendes op die toneel was met die aankoms van ambulanse en wetstoepassers nie.
Meer inligting volg soos dit bekend word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'