OUDTSHOORN NUUS - 'n Toyota Etios wat vanaf George na Oudtshoorn onderweg was, het vandag ongeveer 10 km buite Oudtshoorn by die Perdeskoendraai gerol.
Drie volwassenes en 'n kind wat in die voertuig was is nie ernstig beseer nie.
'n Vierde volwassene het rugbeserings opgedoen. Reddingswerkers moes meganiese toerusting gebruik om haar uit die voertuig te bevry.
Volgens 'n ooggetuie het die Toyota in die draai buite beheer geraak en heen en weer oor beide bane beweeg voordat dit die pad verlaat en gerol het.
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
Op die ongeluktsoneel vandag.
Die ongeluk het by die Perdeskoendraai plaasgevind.
Daar was vier volwassenes en 'n kind in die motor.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'