Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die bestuurder van 'n Toyota was gelukkig om ongedeerd uit sy motor te klim na 'n botsing met 'n vragmotor.
Die Toyota en die vragmotor was vanaf Oudtshoorn na George onderweg toe die Toyota die vragmotor op 'n sperstreep verbygesteek het.
Die Toyota het voor die vragmotor ingeswaai om 'n aankomende BMW te vermy en is deur die vragmotor getref.
Die slag het die Toyota teen 'n rotswand gestamp waarna dit getol het en weer deur die wiele van die vragmotor getref is.
Die botsing het ongeveer 8 km buite Oudtshoorn gebeur en omtrent 3 km van waar 'n noodlottige ongeluk gisteraand plaasgevind het.
Kyk 'n video hieronder:
Die botsing het ongeveer 8 km buite Oudtshoorn gebeur:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'