Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Tuinmuur van 'n gastehuis op die hoek van Kerk- en Buitekantstraat het in die slag gebly toe dit om ongeveer 11:00 vanoggend deur 'n VW Polo getref is.
Volgens die eienaar van die gastehuis was sy aan die agterkant van die huis toe sy die slag gehoor het.
Volgens haar het sy 'n rukkie voor die botsing in die gedeelte van die tuin gewerk waar die motor deur die muur is.
"Daar het twee mans langs die motor gestaan toe ek daar kom, maar een van hulle het geloop voordat die polisie opgedaag het," het sy op die toneel gesê.
Kyk 'n video hieronder:
Die persoon wat vermoedelik bestuur het, het op die toneel gesê hy het vir 'n hond uitgeswaai en toe die muur getref.
Niemand is beseer nie.
Niemand is beseer nie.
Foto's: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'